Internet Chatroom verslawing
Al baie gehoor van name soos Azielet en Moeraspara en gewonder nou waar kom sulke snaakse name vandaan? Wel dit is alles name wat op sogenaamde Internet Klets kamers gebruik word om identiteite te verskuil, die "Nick names" of bynaam van die persoon. So kry jy ook jou totaal verslaafde aan die kamers, dit is die een wat vir jou lag en sê lol, of die een wat bel en sê brb. Met bloed belope oë sit hulle van smorrêns agter die rekenaar ingelog by hulle gunsteling kletskamer en sit en wag vir hul prooi wat in die geval een of meer van hul vriende is, om te kom vergader. Oor naweke is daar samekomste van die groepe want die week op die klets was nie genoeg nie en dan word stories uitgeruil ensomeer. So ken ek toevallig 'n paar van hierdie, ons noem hulle vir die doel van die stukkie, IRC parasites, dis reg ja, die Internet RElay Chat parasiete. Vir die groepie kan jy niks vertel van IRC nie, hulle het al die beste toestelle om gehoor of videobeeld te verbeter, en die lys met afkortings is oneindiglik, waarom hulle die parasiete genoem word is meestal omdat een of almal van hulle 'n tipe status simbool verwerf na gelang van die tydperk wat hy/sy al op hierdie "room" is, en hul kan na willekeur mense skop of verban, selfs in die kleinste geval sal hierdie parasiet op sy wa spring en sonder twyfel 'n kletser skop en waarsku om nie te adverteer nie. Wel ek is seker julle ken ook van hierdie karakters en los nou die res sodat julle kan voltooi... Groete Wynand